Saftu kap Solidariteit oor uitreik na Trump

Die vakbond-federasie Saftu veroordeel ten sterkste die vakbond Solidariteit se roekelose oproep op die Amerikaanse president, Donald Trump, om druk op die Suid-Afrikaanse regering te verskerp oor wat hy rassewette noem. Dit volg ná Solidariteit se aanval op beleide soos swart ekonomiese bemagtiging en regstellende optrede. Saftu se woordvoerder, Newton Masuku, sê Solidariteit se optrede weerspieël AfriForum se onlangse misleidende veldtog teen die Onteieningswet, waarin beweer is die wet bedreig eiendomsreg en teiken wit boere.