Rundu-dorpsraad maak planne teen misdaad, tienerbendes
Daar is ‘n kommerwekkende toename in misdaad in Kavango-Oos, veral in Rundu, met skoolseun-bendes wat inwoners terroriseer en hulle van waardevolle items beroof. Die tieners van tussen 13 en 18 jaar oud maak die strate onveilig, met selfs polisiebeamptes wat glo slagoffers van aanvalle geword het. Slimfone en ander waardevolle items word geteiken om verkoop te word. Baie voorvalle vind laat in die aand plaas en is gemik op kroeg- en nagklubgangers, veral diegene onder die invloed. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Olavi Nathanael, die Rundu dorpsraad se uitvoerende hoof, wat probleme uitlig.