Regering sal Swapo se manifes, N$85 miljard, implementeer 

Daar is talle vrae oor die regering se besluit om die amper 86 miljard Namibiese dollar Swapo manifes te implementeer as deel van die regering se ontwikkelingsplanne. Inligtingsminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak. 

Die regering se begroting vir die huidige boekjaar was 100 miljard dollar, die hoogste ooit en al sou die manifes oor vyf jaar geïmplementeer word is dit onduidelik watter fondse sal vir die ontwikkelingsbegroting benut word.