Onwettige visvang kom hengelaars duur te staan

Die visseryeministerie het bevestig dat 10 vissermanne betrap is terwyl hulle onwettig in ‘n beperkte gebied by Terrace Bay visgevang het. Twee van hulle is Namibiërs en die res Suid-Afrikaners. Die groep het teen daardie tyd reeds 18 kabeljou gevang en het ‘n boete van 63 000 Namibiese dollar gekry. Die vis is altesaam sowat 1 080 dollar werd.