Omgewingsoorsig in olie-eksplorasie het tekorte
Die Regshulpsentrum het ‘n gemeenskapsdialoog oor die omgewings- en maatskaplike impakbepaling vir Blok 2914A in die Oranje-bekken en die implikasies daarvan vir toekomstige olie- en gaseksplorasieprojekte in Namibië op Oranjemund aangebied. Ernstige kommer is uitgespreek oor die potensiële risiko’s vir mariene biodiversiteit, plaaslike lewensbestaan en kus-ekosisteme. Die impakbepaling vir die blok is in Oktober 2024 goedgekeur, maar ‘n oorsig, insluitend ‘n studie deur die Environmental Law Alliance Worldwide, dui op beduidende tekortkominge. Die sentrum sê respondente is nie geken in die impakproses soos deur die wet bepaal nie.