Hegseth eggo Trump in ‘pro-Russiese’ standpunt
Daar is kommer uit verskeie oorde, veral Europa, oor president Donald Trump se aanslag met sy vredespogings in die Oekraïne. Kenners meen hy skaar hom by Russiese president Vladimir Putin en spreek nie Rusland se aggressie aan nie. Trump se verdegingsminister, Pete Hegseth, is tans in Brussel by die EU-beraad en het sy baas se sentiment ge-eggo deur te sê Oekraïne sal nie sy grond terugkry nie en ook nie by Navo aansluit nie.