Hardap: Daar’s min witmielies geplant

Terwyl produsente juig oor Hardapdam se krane wat 100 persent oopgemaak is, is dit baie laat in die seisoen vir aanplantings van veral die allerbelangrike witmielies. Kuilvoer en boontjies maak nou die meerderheid van die gewasse uit, soos die voorsitter van die Hardap Boerevereniging Dawie de Klerk aan Kosmos 941 Nuus verduidelik.