G20 sal uitstekend wees vir sake

Standard Bank sê Suid-Afrika se rol as gasheer van die 2025 G20-beraad en sy gepaardgaande B20-beraad bied ʼn goeie sakegeleentheid. Suid-Afrika het die G20-presidentskap in Desember 2024 ontvang en die eerste Afrikaland geword wat die presidentskap van die wêreld se grootste groepering vir ekonomiese samewerking beklee. Oscar Siziba van Standard Bank sê die B20-beraad, die G20 se amptelike skakelforum met die privaat sektor, sal ʼn platform bied vir leiers in dié sektor om wêreld- ekonomiese beleid te beïnvloed wat sakevriendelike hervormings aandryf: