Eagles het gemengde uitkoms, halfpad deur driehoekige reeks 

Die Richelieu Eagles speel môreoggend om agt-uur teen die VSA in die driehoekige eendagreeks wat ook Oman insluit. Die reeks val onder die IKR Krieket Wêreldbeker Liga 2. Die Namibiërs het tot dusver ‘n wedstryd verloor teen die VSA en een gewen teen Oman. Sondag speel die Eagles hulle laaste wedstryd teen Oman, wat Woensdag die VSA gewen het. Die Eagles se hoofafrigter, Pierre de Bruyn, lewer kommentaar op hul vertoning sover en voorbereidings vir die laaste wedstryde.