Britte verskerp wette teen migrante
Die Britse regering sê hy is besig om immigrasiereëls te verskerp wat dit byna onmoontlik sal maak vir ongedokumenteerde migrante wat op klein bote aankom om burgerskap te ontvang. Burgerskap sal volgens nuwe reëls geweier word aan migrante wat per see aankom, of agter in voertuie weggesteek is. Eerste minister Keir Starmer se Arbeidersregering verkeer tans onder druk om migrasie te verminder nadat Nigel Farage se anti-immigrasie Reform UK party ongeveer 4 miljoen stemme gekry het in die laaste algemene verkiesing, ‘n ongekende getal vir ‘n verregse party.