Besoedelingsvlakke hoog in diepste deel van Middellandse See
Wetenskaplikes het onrusbarende vlakke van besoedeling ontdek in die diepste punt van die Middellandse See, Calypso Deep in die westelike deel van die Helleense Trog. Hulle het 167 stukke afval met behulp van ʼn onderwatervoertuig opgespoor, insluitend plastiekbottels, koffiebekers en sakke. Die wetenskaplikes sê die bevindings is ‘n sterk betoog ten gunste van die dringende instelling van beleidsoptrede op wêreldwye skaal om rommelstrooiing te verminder en sodoende die bewaring van unieke mariene-habitatte te vergemaklik.