Wateronderbreking in dele van Suiderhof
Stad Windhoek het aangekondig dat dele van Suiderhof môre en Vrydag ‘n onderbreking in waterlewering sal ondervind. Dit is weens die Stad se vervanging van waterpype in Perkin en Blackwoodstrate. Die onderbrekings sal op beide dae vanaf 8-uur die oggend tot 1-uur die middag duur. Inwoners word versoek om alternatiewe opsies vir water voor te berei.