VF-plus soek hulp vir organisasies sonder winsbejag

Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd oor die ongeveer 203 279 organisasies sonder winsbejag wat in gevaar verkeer om hul deure te sluit weens die versuim om jaarverslae in te dien. Altesaam 41 787 instansies is reeds hiervan in kennis gestel en 6 221 is reeds gesluit. Die VF Plus-lid, Philip van Staden, sê die maatskaplike ontwikkeling-departement moet die organisasies bystaan sodat hulle aan die wetgewing kan voldoen.