Sukkelende Denel werk aan sy globale profiel

Die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel sê hy is steeds besig om sy globale profiel uit te bou met ‘n sterk verteenwoordiging op volgende week se Internasionale Verdedigings-tentoonstelling en -konferensie in Abu Dhabi. Daar is sowat 1 400 uitstallers van 65 lande by die geleentheid wat sowat 135 000 besoekers lok. Denel se woordvoerder, Pam Dlamini, sê die tentoonstelling is ‘n ideale platform om hulle produkte weer bekend te stel, wat beskou word as koste-doeltreffende oplossings vir die verdedigings- en sekerheids-omgewings.