Repokoers: Wat gaan BoN vandag sê?

’n Ontleding deur Theo Klein van Oxford Economics Africa voorspel dat Namibië se monetêre beleid vanjaar beperk sal word deur ’n versigtige globale houding oor rentekoersverlagings, met die Amerikaanse Fed wat reageer op moontlike inflasie na president Donald Trump se tariewe op invoere. Die huidige Namibiese repokoers staan op 7 persent en in Suid-Afrika is dit 7,5 persent. Die Bank van Namibië sal vandag die repokoers bekendmaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Klein, wat sy voorspelling gee.