Ons gaan nie Gaza koop nie, ons gaan dit net besit – Trump
Amerikaanse president Donald Trump het sy plan vir die VSA om Gaza oor te neem herhaal tydens ‘n ontmoeting met Jordanië se koning Abdullah. Hy het ook beklemtoon dat Jordanië ontheemde Palestyne sal huisves, ondanks die koning se teenkanting teen die voorstel. Trump, wat saam met koning Abdullah in die Oval Office gepraat het, het voortborduur op sy idee wat behels die verskuiwing van die Gazastrook se inwoners en die transformasie van die gebied in wat hy as ‘n “Riviera van die Midde-Ooste” bestempel het. Hy het ‘n vraag oor of belastingbetalers vir Gaza sal betaal, so beantwoord.