Korrupsie bevorder klimaatsverandering
Die Korrupsiewaarnemings-aanwyser vir 2024 toon korrupsie is ineengestrengel met klimaatsverandering. Die aanwyser rangskik 180 lande en gebiede wêreldwyd volgens die vlakke van korrupsie wat in die openbare sektor waargeneem is. Volgens Transparency International belemmer korrupsie vordering met die vermindering van uitstralings en aanpassing by die onvermydelike gevolge van aardverwarming. Lande met ʼn hoë telling beskik oor die hulpbronne en mag om korrupsiebestande klimaatsoptrede wêreldwyd aan te vuur, maar dien dikwels die belange van fossielbrandstof-maatskappye.