Cran maak reg vir Wet op Toegang tot Inligting
Die Wet op Toegang tot Inligting, wat in Desember 2022 aangeneem is, is ‘n belangrike stap om deursigtigheid en aanspreeklikheid in Namibië te verbeter. Dit bemagtig mense om toegang te verkry tot inligting wat deur openbare en private entiteite gehou word, insluitend die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran. Ter voorbereiding vir die toepassing van die Wet, het Cran onder andere ‘n inligtingsbeampte en adjunk-inligtingsbeampte aangestel. Jennifer Pogisho, Cran se bestuurder van toegang tot inligting, het meer.