AfriForum wil detail oor mynbou-aansoek naby Krugerwildtuin sien
AfriForum versoek die omgewingspraktisyn Kimopax, wat die mynbou-aansoek naby die Krugerwildtuin in Mpumalanga hanteer, om teen Maandag alle gesprekke met belanghebbende partye bekend te maak. Die burgerregte-organisasie is as ‘n belanghebbende en geraakte party geregistreer en beweer hulle is uitgesluit van sleutelkommunikasie rakende die omgewings-uitwerkingstudie. AfriForum se woordvoerder, Lambert de Klerk, waarsku oor meer omvattende regstappe om die mynbou-aansoek teen te staan indien daar nie aan die versoek voldoen word nie.