Toerismebedryf smag na meer lugverbindings met Botswana
Air Botswana is optimisties oor sy groeivooruitsigte in die streek, veral in Namibië, ná die bekendstelling van geskeduleerde vlugte tussen Gaborone en Windhoek in November 2024. Die lugredery het reeds meer as 600 passasiers op hierdie roete vervoer. Nog ‘n faktor wat Namibië vir Air Botswana posisioneer, is die hordes toeriste wat na die land stroom. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, wat hoop op meer direkte vlugte na Botswana.