SA navorsers lei sterrestelsel-studie
Navorsers van die Universiteit van Pretoria het ʼn internasionale span sterrekundiges gelei wat dieper insig verskaf het oor die algehele lewensloop van reuse-radiosterrestelsels. Die studie het bekende teoretiese modelle uitgedaag deur te verduidelik hoe buite-galaktiese kosmiese fonteine groei om sulke geweldige afstande te dek. Die studieleier, die sterrekundige Gourab Giri, sê astrofisici bestudeer sterrestelsels vir meer as net die sterre wat hulle kan sien, maar kyk ook na baie verskynsels wat dikwels met mekaar verband hou.