Rouperiode: Aanpassings kom in sport-, byeenkomsbeleid

Die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, dr. Audrin Mathe, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat nuwe maatreëls rakende byeenkomste en sportgeleenthede later vandag aangekondig sal word. Die ministerie het vroeër alle sportbyeenkomste afgeskaf en die publiek gevra om geen buitelig byeenkomste te hou tydens die rouperiode na die afsterwe van stigterspresident Sam Nujoma nie. Dit het uit verskeie oorde skerp kritiek uitgelok.