Pohamba vertel van laaste besoek aan Nujoma

Voormalige president Hifikepunye Pohamba, ‘n dekadeslange vriend van stigterspresident Sam Nujoma, sê hy was nie verbaas om van sy sterwe te hoor nie. Die twee leiers se paaie het die eerste keer in 1960 in Dar es Salaam in Tanzanië gekruis. Pohamba het met plaaslike media gepraat by sy huis in Okanghudi ka Pohamba in die Ohangwena-streek.