Pep moedig sy beleërde span aan voor vanaand
Pep Guardiola daag sy Manchester City-span uit om te bewys hulle is steeds “iets spesiaal” wanneer hulle vanaand in die langverwagte kragmeting in die Kampioeneliga teen Real Madrid te staan kom, ondanks ‘n wipplank-seisoen vir die Premierliga-kampioene. Die twee klubs speel die vierde agtereenvolgende seisoen teen mekaar in Europa se elite-kompetisie, maar hierdie keer baie vroeër in die toernooi aangesien albei onderpresteer het in die nuwe ligafase. City is nou in die 22ste uit 36 spanne op die punteleer nadat hulle Klub Brugge geklop het terwyl die verdedigende kampioen, Real, 11de geëindig het.