Nieu-Seeland Rugby begin met regstappe teen borg Ineos

Rugby: Nieu-Seeland Rugby is besig met regstappe teen die Britse chemikalieë-reus, Ineos, en beskuldig die maatskappy dat hy sy borgskap-ooreenkoms van ses jaar verbreek. Die maatskappy, wat aan die Britse miljardêr Jim Ratcliffe behoort, het volgens berigte drie jaar te vroeg van sy winsgewende borgskap-ooreenkoms weggestap en nie sy eerste betaling vir vanjaar gemaak nie. Nieu-Seeland Rugby sê sy enigste keuse is om regstappe te doen om sy finansiële posisie te beskerm. Hy sê hy soek tans nuwe borge.