Na amper 20 jaar, is Hardap steeds beperk tot 70%

Ten spyte van beloftes dat die maksimum kapasiteit van Hardapdam, tans op 70 persent, aandag sal kry, staan die riglyn van die kabinet steeds. Daar was beroepe uit verskeie oorde vir aanpassings en beloftes deur NamWater en die lynministerie dat die kwessie aandag geniet. Die sogenaamde vloedtaakspan, wat in 2006 saamgestel is, maar niks behaal het nie, is verlede jaar weer op die been gebring. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Mariental-munisipaliteit Paul Nghiwelepo gepraat.