Marteldood van bobbejaan by skool ondersoek
Die Nasionale Raad van DBV’s ondersoek die voorval waartydens ‘n bobbejaanmannetjie, bekend as “Raygun” wreed doodgemaak is. Die dier is gejaag, geslaan en aan die brand gesteek by die Botleng Secondary School in Delmas in Mpumalanga. Die woordvoerder, Jacques Peacock sê die raad bied ‘n beloning van 20 000 Suid-Afrikaanse rand aan vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle vervolging van mense wat by die voorval betrokke was. Hy versoek mense wat die aanval verfilm het om na vore te kom.