Groot riviere styg steeds, veral Kunene by Ruacana
Dit reën nie net in Namibië nie, maar ook om ons en dit wys in die watervlakke van die groot riviere. Die Kunenerivier by Ruacana het vanoggend ‘n vloei van 274,9 kubieke meter per sekonde aangeteken, heelwat hoër as die 255 kubiek per sekonde ‘n week gelede. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanaf 0,89 meter oor die naweek gestyg tot 0,94 meter vanoggend. Die watervlak by Rundu aan die Okavangorivier het van 5,01 meter oor die naweek tot 5,03 meter gestyg. Verlede jaar hierdie tyd was dit op 5,58 meter. Die watervlak by Blouputs was vanoggend effens hoër op 0,41 meter, terwyl Sendelingsdrift uiters laag was op net 0,12 meter.