DRK: Maak die gewere stil, bepleit Guterres

Duisende burgerlikes is reeds dood in die konflik in die oostelike DRK en miljoene is ontheem. Die M23 rebelle vorder steeds en die VN sê menseregte vergrype is algemeen. Die sekretaris generaal, Antonio Guterres, bepleit by die partye om terug te keer na onderhandelings.