BOSA stig Sakeraad vir SME-ontwikkeling
Build One South Africa het sy Sakeraad bekendgestel. Dis ʼn platform om seker te maak klein-, medium- en mikro-ondernemings se stemme word gehoor wanneer ekonomiese beleid gevorm word. Kleinsakeondernemings is die ruggraat van die land se ekonomie. Dit dra 60-persent tot werkskepping by en meer as 40-persent tot die bruto binnelandse produk. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die raad sal uit ʼn wye verskeidenheid rolspelers bestaan wat SME’s se groei wil ontsluit: