Borgaansoek in Sheehama-moord hervat vandag

Die borgtogaansoek van ses van die sewe beskuldigdes in die moord op die student Matheus Sheehama in Julie verlede jaar is tot vandag toe uitgestel tydens hulle laaste verskyning op 26 Januarie. Dit is neergelê tot 14 Februarie in die laerhof op Walvisbaai. Sheehama se liggaam het vroeg in Augustus by Onafhanklikheidstrand uitgespoel nadat hy vir ‘n week vermis was. Die beskuldigdes sluit in sy meisie Jessica !Gaes, haar broer Jimmy !Gaeb, en vyf ander.