Bokke, Los Pumas gaan op Twickenham kragte meet

Rugby: Die Springbokke se veldtog in vanjaar se Rugbykampioenskap eindig op 4 Oktober teen Argentinië op Twickenham in Londen. Dit sal die spanne se eerste wedstryd op ʼn neutrale veld wees in die suidelike halfrond se grootste kompetisie. Los Pumas sal die wêreldkampioene se derde oorsese teenstander in drie seisoene in die ikoniese stadion wees nadat hulle Nieu-Seeland in ‘n opwarmingswedstryd vir die Wêreldbeker in 2023 met 35-7 verslaan het en Wallis verlede seisoen met 41-13. Die Bokke begin hulle seisoen teen Italië op 5 Julie.