Allerbelangrike Meatco-ledevergadering vandag

Meatco se langverwagte spesiale ledevergadering vind vandag by Nipam in die hoofstad plaas. Twee vorige pogings om ‘n jaarvergadering te hou het misluk weens ‘n gebrek aan kworum. Die Lewendehawe Produsente-organisasie het hierdie vergadering aangevra vir terugvoering oor ‘n verskeidenheid kwessies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jako van Wyk, die organisasie se voorsitter, wat ‘n beroep op Meatco-produsente doen om op te daag.