Alle hel sal losbreek as al die gyselaars nie vrygelaat is nie – Trump

Die Amerikaanse president Donald Trump het voorgestel die skietstilstand tussen Israel en Hamas word gekanselleer as al die gyselaars in Gaza nie teen Saterdag vrygelaat word nie. Dit volg nadat Hamas gesê het die volgende vrylating van gyselaars word uitgestel en Israel beskuldig het dat hy die skietstilstand-ooreenkoms verbreek. Sedert die skietstilstand op 19 Januarie begin het, is 16 Israelse en vyf Thaise gyselaars vrygelaat in ruil vir 566 Palestynse gevangenes. Trump het ook sy twyfel uitgespreek of baie gyselaars lank genoeg sal bly leef om vrygelaat te word: