Waar wil jy jou vis in Swakop skoonmaak?February 10, 2025
Die Swakopmund-munisipaliteit begin met ‘n openbare bestekopname vir die mees geskikte plek om ‘n voorgestelde nuwe visskoonmaakfasiliteit vir die gemeenskap te bou. Die publiek kan ‘n e-pos stuur om ‘n kaart te kry wat die ligging van die voorgestelde terreine aandui. Drie is in Henrichsenpark, oorkant die jetty selfsorgverblyf, oorkant The Tug-restaurant en oorkant die akwarium. Die ander een is die parkeerarea tussen Moses Garoëb- en Schlachterstrate op Erf 118. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Linda Mupupa, die Swakopmund munisipaliteit se woordvoerder, wat meer inligting gee.