Vyf regters hoor IPC-aansoek aanFebruary 10, 2025
Vyf regters van die hooggeregshof sal vandag en môre die aansoek deur die leier van die IPC Panduleni Ithula, wat die uitslae van die presidensiële verkiesing betwis aanhoor. Regters Peter Shivute, Petrus Damaseb, Sylvester Mainga, Hosea Angula en Dave Smuts is op die bank. Intussen het die president van die Republikeinse Party Henk Mudge verreikende bewerings gemaak dat nie net is daar gekonkel met 2024 se verkiesings nie maar, met elke verkiesing sedert 1989. Hy sê in ‘n verklaring dat die verskeie pogings in die hof oor die jare heen eenvoudig misluk het omdat hulle nie kon bewys dat die gekonkel die uitslae sou verander nie.