So kan jy ongeakkrediteerde hoëronderwysinstellings rapporteer

Voornemende studente doen aansoek by hoëronderwysinstellings regoor die land. Daar is kommer oor ongeakkrediteerde instellings wat studente inloop met kwalifikasies wat niks werd is nie. Die Namibië Kwalifikasie-owerheid is die enigste entiteit met die mandaat om persone, instellings en organisasies wat onderwys en opleiding verskaf, te akkrediteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Lina Ndengu, die owerheid se woordvoerder, gesels wat ‘n oorsig oor hul blitslyn gegee het. Die blitslyn kan op hul webwerf gevind word.