SAOG-hoof sê DRK se belange moet voorop gestel word in konflikFebruary 10, 2025

Die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en president van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, beklemtoon die streeksuitwerking van die konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo, en vra ‘n standhoudende oplossing. Die SAOG en die Oos-Afrikaanse Gemeenskap het in Tanzanië vergader. Mnangagwa vra eenheid en lê klem op die behoefte om die Kongolese belange voorop te stel en die uitdagings te konfronteer wat vrede en bestendigheid in die streek kniehalter.