Proteas se Breetzke stel nuwe eendagrekord opFebruary 10, 2025
Krieket: Aanvangskolwer Matthew Breetzke het 150 lopies aangeteken, die hoogste deur enige kolwer nog in sy eerste beurt in internasionale eendagkrieket. Suid-Afrika het 304 vir 6 behaal teen Nieu-Seeland in die driehoekige reeks in Pakistan. Die 26-jarige se briljante kolfbeurt van net 148 balle het die Proteas se beurt geanker nadat hulle in Lahore ingestuur is om te kolf. Hy verbeter Desmond Haynes se 148 in sy buiging vir die Windies teen Australië in Antigua in 1978. Reeza Hendricks, Tony de Zorzi en Colin Ingram het ook honderdtalle in hulle eendagbuigings aangeteken.