Nujoma was ‘n held – VenaaniFebruary 10, 2025
Die land is in rou na die dood van stigterspresident Sam Nujoma. Die leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, beskryf wyle oudpresident Sam Nujoma as ‘n voorspraakmaker van Namibië se moderne demokrasie en ‘n geskiedkundige staatsman. Hy sê Nujoma was ‘n beslissende leier wat sy alles gegee het om die land se vryheid te verseker.