NamPol skommel Namdia-ondersoekspanFebruary 10, 2025

Plaaslike berigte lui dat die Namibiese polisie die ondersoekers na die Namdia-roof geskommel het. Volgens The Namibian is die nuwe hoofondersoekers die hoof van beskermende bronne kommissaris Barry de Klerk en die hoof van NamPol se forensiese eenheid kommissaris Nelius Becker. Die roof, op 18 Januarie, het geskok en tot op hede is dit onduidelik hoeveel diamante gesteel is en owerhede is doodstil oor die aangeleentheid. Volgens die Engelse dagblad, is die skommeling gemaak om die ondersoekspan klein te hou en te verhoed dat inligting na die media uitlek.