Namibië ‘kan beter elders oor olie leer as Nigerië’
Namibië en Nigerië het hulle tot verbind tot die uitbreiding van samewerking en kennisdeling in sleutel ekonomiese sektore. Dit sluit in werke, vervoer en mariene samewerking, handel, finansies, beleggings en ontwikkeling van klein- en medium besighede, myne en hernubare energie. Namibië wil ook Nigerië se kundigheid benut in die ontwikkeling van die olie- en gassektor, veral in eksplorasieaktiwiteite by Walvisbaai. Eben de Klerk, ’n navorser en lid van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê daar is beter plekke om te leer.