Misdaad-slagoffers al meer aan brand gesteek in Wes-Kaap
Die Wes-Kaapse polisie het kommer uitgespreek oor geweldsmisdade in die provinsie, en veral die neiging om slagoffers aan die brand te steek. Die afgelope paar dae is meer as tien mense doodgeskiet en talle gewond. In Philippi-Oos is vyf mense in een voorval vermoor. Die provinsiale polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê die toename in geweldsmisdaad is ten spyte van ekstra polisiehulpmiddels en -personeel wat ontplooi is.