Maak gewere stil in Afrika, vra oud-verdedigings-attaché
Lesotho se afgetrede Verdedigings-attaché by die Afrika-unie, Tefo Nkeli, versoek Afrika-leiers om dringend gewere stil te maak op die hele vasteland. Hy benadruk Afrika se hulpbronne moet nie ‘n vloek vir sy mense word nie. Nkeli vra vrede en samewerking in die nasleep van die voortslepende konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo om te verseker die vasteland se potensiaal word ten volle verwesenlik. Nkeli het op SABC News gepleit vir ‘n verenigde Afrika vry van konflik.