Kuberkenners werk om SA Weerdiens-stelsels te herstel

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens vra vir geduld terwyl kundiges werk om sy inligting- en kommunikasietegnologiestelsels te herstel na ‘n kuberaanval twee weke gelede. Hoewel sommige dienste beïnvloed is, word noodsaaklike dienste voortgesit vir dienste soos lugvaart en voorspellings vir swaar weer, deur die gebruik van ander metodes. Woordvoerder Oupa Segalwe sê die span werk daaraan om die virus te verwyder en data te herwin, maar dit neem langer as wat verwag is.