EFF sê Musk is vyand van SA February 10, 2025
Die EFF het teruggekap nadat die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr, Elon Musk, gesê het die partyleier Julius Malema moet gestraf en as internasionale misdadiger verklaar word. Dit volg nadat Musk ou video’s op X geplaas het waar Malema sê witheid se keel moet afgesny word. Die EFF-woordvoerder, Sinawo Thambo, sê Musk se opmerkings teen Malema kom neer op inmenging by die land se huishoudelike sake en voeg by dit verklaar die miljardêr as vyand van Suid-Afrika: