Amushelelo takel gesondheidministerie oor pasiënte op vloere

Na openbare klagtes oor pasiënte wat op die vloer by die Gobabis-staatshospitaal slaap, het die NEFF-aktivis Michael Amushelelo die gesondheidministerie besoek om die kwessie aan te spreek. Amushelelo sê hy het ‘n gesprek gevoer met Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid, oor die haglike toestand van gesondheidsorg. Verslae dui daarop dat die Gobabis-hospitaal lank reeds gebuk gaan onder ‘n tekort aan beddens, wat selfs kraam- en hoësorgpasiënte affekteer. Amushelelo het dringende optrede deur die ministerie geëis om beddens teen middernag te voorsien, en waarsku oor ernstige gevolge as die situasie onopgelos bly.

Nangombe verduidelik die probleem.