Alle sport en -byeenkomste in routyd opgeslort
Die regering het opdrag gegee dat alle sportaktiwiteite en byeenkomste tydelik opgeskort word, tot verdere kennisgewing. Dit is interme van die amptelike routydperk wat ná die dood van stigterspresident Sam Nujoma afgekondig is. Die sportministerie sê in ‘n verklaring alle sportfederasies, verenigings en organisasies moet aan die opdrag voldoen en alle geskeduleerde sportaktiwiteite opskort. Verdere leiding oor die hervatting van sportaktiwiteite sal mettertyd gekommunikeer word.