ActionSA eis ingryping met korrupsie by werkersfondse
ActionSA sê hy gaan aan arbeidminister Nomakhosazana Meth skryf en eis dat daar dringend ingegryp word by die ongebreidelde korrupsie en wanbestuur by die Vergoedingsfonds en die Werkloosheidsversekeringfonds. Die fondse is verantwoordelik vir ʼn gesamentlike jaarlikse inkomste van 46-miljard-Suid-Afrikaanse rand. ʼn ActionSA-woordvoerder, Alan Beesley, sê sommige van die Ouditeur-generaal se bevindings oor die fondse sluit in bedrieglike transaksies, en ʼn totale gebrek aan gevolgbestuur vir korrupsie en wanbestuur.