Toeriste sterf in hostel na bedluis-berokingFebruary 9, 2025
Twee toeriste is dood, vermoedelik aan vergiftiging, nadat hulle hostel in Sri Lanka berook is teen bedluise. Volgens CNN het die 24-jarige Ebony McIntosh van Derby in Engeland en die 26-jarige Nadine Raguse van Duitsland in die Miracle Colombo City-hostel in die hoofstad van Sri Lanka gebly. Hulle het siek geword nadat ‘n kamer in die hostel berook is teen bedluise. Die polisiewoordvoerder Buddhika Manatunga het aan die media gesê ondersoek word ingestel om vas te stel of die twee vroue gifstowwe ingekry het.